Vertrou op die HERE met jou hele hart
Wanneer Hy my lei op moeilike paaie,
Vertrou op die HERE met jou hele hart
soveel onverklaarbare draaie...
steun nie op jou eie insig nie.
Wees stil my siel; hou hieraan vas:
Die HERE is goed, en doen goed
Wanneer die doring seer steek in my vlees
Vertrou op die HERE met jou hele hart
en sy genade genoeg moet wees
steun nie op jou eie insig nie.
Genadig, regverdig is Hy;
'n Ontfermer is onse God.
Wanneer ek met lam knieë wil gaan staan
Vertrou op die HERE met jou hele hart
my hande slap, en my hoop vergaan
steun nie op jou eie insig nie.
Hy tugtig my in sy liefde
met volmaakte wysheid en sorg.
Wanneer ek soos 'n wees verlate voel,
Vertrou op die HERE met jou hele hart
golwe van eensaamheid oor my spoel.
steun nie op jou eie insig nie.
Gouer sal ma van kind vergeet.
Ek's in sy palms gegraveer!
My Heer, gee my daagliks die geloof om
op U te vertrou met my hele hart,
op te hou steun op eie insig,
sodat my siel tot bedaring kom.
Wag op die HERE, elke kind!
In Hom sal jy jou vrede vind.