Thomas-hart

In my Thomas-hart: geloof so klein.
Onsekerheid en pyn...
Gedagtes vol van vrees
dat ek alleen kan wees.

In sy Thomas-hand: 'n spykergat.
Hy nooi: Kom! Kyk, vat!
Gely het Ek vir jou,
maar ewig leef Ek nou.

In sy Thomas-hand: my naam gekerf.
Vir jóú het Ek gesterf.
Ek wil dat jy moet weet
dat Ek jou nooit vergeet.

In sy Thomas-hand: my elke traan.
Alleen sal jy nie staan:
Omhels die pyn jou styf,
voel Ek dit aan my lyf.

In sy Thomas-hand: 'n herderstaf.
Berge op, dale af,
Ek is mét jou altyd
tot by velde groen, wyd.

In sy Thomas-hand: God's eie boek.
My krag is nie soek.
Ek's die Lam, en die Leeu,
getrou van eeu tot eeu.

In sy Thomas-hand: my Thomas-hart.
By Hom is ek bedaard.
Ek kyk na Hom daarbo,
die Een in Wie ek glo.



Opgedra aan my geliefde moeder,
CJ Adendorff. 💙🌻
29 Oktober 2025