Klein handjies en vlieënde berge

22Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. 23Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê. 24Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
~ Markus 11:22-24

My hande lyk vanaand so klein.
Wat sal hul tog kan verrig?
Die uitdagings is veels te groot,
en hierdie handjies, aai... sug.

Ek kyk na my Vader daarbo;
sy beloftes kom Hy na.
Sy groot hande gooi berge rond
vir hul wat in geloof vra.

Kom, myne handjies, laat ons bid!
Kom, swak hartjie, laat ons glo!
Ek kan maar klein wees, dis OK;
my troue Vader is groot.