Hy luister. Hy verag nie.

Maar ek is ellendig en in pyn:
laat u hulp, o God, my beskerm!
Ek wil die Naam van God prys met ’n lied
en Hom groot maak met danksegging;
en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste,
as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees;
julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
Want die HERE luister na die behoeftiges
en verag sy gevangenes nie.

~ Ps 69:30-34