Goed se goedheid -> sigbaar!
Heilig, heilig, heilig
is die Here.
Veilig, veilig, veilig
is sy kinders.
Gister getrou, ja, ook nóú,
ewig staan sy woorde stewig.
Skuil by jou God.
Elke dag, ja elkeen,
is daar om te openbaar
God se goedheid
vir elke hom en haar.
Vrees nie vir more.
Haak nie vas by gister.
Hef vandag op jou hoof:
God ís goed –
el.ke.dag.
"Ek sien dit nie," sê jou hart
"eerder duister en smart!"
Gee jou God die eer,
verwag van Hom méér.
Kom nou, skep moed:
Jou God is goed...
...met jou eie oë sal jy dit sien
...met jou eie mond sal jy sing
...met al jou krag sal jou voete dans.
'n Lofsang! 'n Lofsang!
Broer, suster, daar is 'n lofsang
wat ons in sy teenwoordigheid sal sing!
Hy sal Self ons hartseer trane afvee,
en ons sal verwonderd na Hom staar:
Sy goedheid, SY GOEDHEID, sal so duidelik wees,
soos die son wat in sy krag skyn.
Dié dag kom beslis, en dit kom vinnig nader!